Slag van Poitiers

Slag van Poitiers
Engels: Battle of Tours
Frans: Bataille de Poitiers
Deel van die Omajjadiese Kalifaat inval in Gallië

Charles de Steuben se Bataille de Poitiers en octobre 732 beeld 'n triomfantlike Karel Martel (op perd) uit teenoor Abd-el-Rahman (regs) tydens die Slag van Poitiers.
Datum 10 Oktober 732
Ligging Vouneuil-sur-Vienne, Frankryk
Resultaat Frankiese oorwinning
Strydende partye
Frankiese Koningkryk Omajjadiese Kalifaat
Bevelvoerders
Karel Martel Abd-el-Rahman
Sterkte
15,000–20,000[1] 20,000–25,000[1]
Ongevalle
1,000[1] 12,000[1]

Tydens die Slag van Poitiers in Oktober 732 verslaan die Frankiese beskermheer Karel Martel 'n Moorse leër onder Emir Abd-el-Rahman. Die uitkoms van hierdie geveg het die noordwaartse uitbreiding van Islam vanaf Spanje gestop en word tradisioneel verbind met die begin van die Reconquista. Die 19de-eeuse Britse historikus Edward Creasy reken die Slag van Poitiers (732) onder sy vyftien mees beslissende veldslae ter wêreld.[2] Die belangrikheid van die geveg en die motiewe van Karel is onlangs bevraagteken.[3]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Cirier, Aude; 50Minutes.fr (14 Julie 2014). La bataille de Poitiers: Charles Martel et l'affirmation de la suprématie des Francs (in Frans). 50 Minutes. pp. 6–7. ISBN 9782806254290.
  2. E. Creasy, The Fifteen Decisive Battles of The World. From Marathon to Waterloo, I, Londen, 1851, pp. 286-304.
  3. U. Nonn Die Schlacht bei Poitiers 732. Probleme historischer Urteilsbildung, in R. Schieffer (ed.), Beiträge zur Geschichte des Regnum Francorum, Sigmaringen, 1990, pp. 37–56. Sien ook: A. Lavèn, De Slag bij Poitiers, in Historisch Nieuwsblad (8/2009).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search